Posts

Fotos van ons laaste byeenkomste

Image
Hiermee deel ons 'n paar fotos van ons laaste byeenkomste. Vir meer inligting, kontak ons en volg ons  Facebook blad. Groete, Heinrich Bester Uitreiking Kabah: Joe Slovo uitreiking: Reddingsfontein oggend saam kuier:

Skedule vir 2024

Image
2024 Interkerk Woordskool schedule: Month Date Appointment January 14, 17, 28, 31 Wednesday’s and Sunday - teachings February 11, 14, 18, 25, 28 Wednesday’s and Sunday - teachings March 3, 13, 24, 27 Wednesday’s and Sunday - teachings April 7, 10, 21, 24, 28 Wednesday’s and Sunday - teachings May 5, 8, 22, 26, Wednesday’s and Sunday - teachings June 5, 9, 19, 23, 30 Wednesday’s and Sunday - teachings July 3, 17, 31 Wednesday’s - teachings August 14, 21, 28 Wednesday’s s and Sunday - teachings We look forward to seeing you there! Contact +27 72 900 4140 for more information.

Algemene inligting tot die Interkerk Evangelisasie Woordskool S.A

Image
Algemene inligting tot die Interkerk Evangelisasie Woordskool S.A As gevolg van die behoefte wat raakgesien was, tydens 1997 in die algemene christelike arbeidsveld tot gemeentes, askies, huiskerke ens. vanwaar interne opleiding en projekte ontbreek, kon ons as ‘n span saamsit om dan nou juis te kon kyk daarna hoe om ‘n blywende, maar groeiende maatstaf voort te bring. Vanaf die jaar 2000 is ons geregistreerd en is so in samewerking as ‘n hulp tot die arbeidsveld. So is daar gekyk na die algemene christelike teologie om dan modules op te stel wat beskikbaar geword het in A5 handleidings tot aanbieding, tot dosent asook student met ‘n sertifikaat as beloning tot die sekere onderwerp van onderwysing. Latere jare is daar ook met verdere ontwikkeling die beskikbaarheid tot Universiteit diploma en graad studies.  So het die I.E.W met meer as tien verskillende denominasies hand van gemeenskap gesluit as ‘n hulp in die arbeidsveld. Ons fokus ook op interne gemeente opleiding, sopkombuis proje

Goedhartigheid bereik tien huisgesinne!

Image
Dankie aan ons anoniem borg vir die tien sakke aartappels.  U goedhartigheid het tien huisgesinne bereik in Uitenhage en Despatch. Ons waardeer u bydra! Wil u ook 'n verskil tot 'n plaaslike huisgesin of gesinne maak? Kontak ons gerus, of maak u donasie hier.

Dankie aan ons borg uit Duitsland

Image
Dankie aan ons anoniem borg uit Duitsland vir die bydrae tot twee huisgesinne se kospakkies. Die verspreiding word plaaslik gemaak. Wil u ook 'n verskil tot 'n plaaslike huisgesin of gesinne maak? U donasie kan 'n groot verskil maak vir 'n gesin in nood. Kontak ons  gerus, of  maak u donasie hier.

Een-dag leierskap seminaar - binnekort!

Image
Kontak ons gerus vir belangstelling, en besoek graag ons foto-album van verskeie klaskamer-byeenkomste! U is welkom om ons byeenkoms te ondersteun , indien u nie kan bywoon nie.  Donasies vir verversings en meer is welkom. Groete, Heinrich Bester

Dankie aan ons internasionale borg

Image
Dankie aan ons anoniem borg uit Duitsland vir die bydrae tot twee huisgesinne se kospakkies. Die verspreiding vind plaas op Despatch. U bydrae word opreg waardeer. Mag die Here se seën meer en meer oor u uitleef! Wil u ook 'n verskil tot 'n plaaslike huisgesin of gesinne maak? Kontak ons gerus, of maak u donasie hier.

Interkerk Opelug Diens te Joe Slovo

Image
Interkerk Opelug Diens te Joe Slovo, Uitenhage, saam met Maranatha Pinkster Byeenkoms, Interkerk Evangelisasie Woordskool en New Life Ministries . Dankie aan almal se bydrae om die dag suksesvol te maak! Opelug dienste is een van die vele projekte wat IEW doen. Lees gerus meer oor ons ander projekte , en vind uit hoe u ons kan ondersteun . Onthou om ons Facebook blad te volg, en bly op hoogte met al ons programme! Groete, Heinrich Bester Opelug diens in Joe Slovo, November 2021

Liefdadigheid in aksie

Image
Opwindende nuus m.b.t. een van ons liefdadigheids projekte in Uitenhage! Tesame, met Mev. Saunders, was dit moontlik vir ons om 'n verskil te maak tot 4 huisgesinne. 'n Baie groot DANKIE aan almal se samewerking. Dankie vir die moontlikheid om uit te reik na ander. Weereens, 'n herinnering aan hoe ons mekaar nodig het, en hoe ons saam, as gemeenskap, 'n positiewe verskil kan bring. Stel u belang om ons te ondersteun en om 'n positiewe bydrae te lewer? Lees meer hier. Onthou, ons het projekte in die klaskamer , en buite die klaskamer. Lees gerus meer hier. Groete, Heinrich Bester

Dankie vir die ondersteuning

Image
Hiermee wil ons I.E.W aan Mr. Jaco Carstens, van Secunda, dankie sê vir sy bydrae tot ons aankoop van die draagbare kansel. Vele seën en voorspoed is ons gebede oor jou! Daar is verskeie maniere om ons te ondersteun: Maak 'n finansiële donasie hier. Of, leer gerus meer oor ons projekte , en kontak ons om 'n bydra tot 'n projek te lewer, of om 'n nuwe projek te begin. Ons verwelkom ook internasionale projekte ! Ons sien uit daarna om van u te hoor! Groete, Heinrich Bester

Baie dankie vir die donasie

Image
Hiermee wil ons namens die I.E.W dankie sê Mr. Louw vir sy bydrae tot die herstel van ons klank toerusting wat tydens klasse gebruik word. Mag die Here se seën jou lewe meer en meer vervul. Lees hier, en vind uit hoe u ons ook kan ondersteun! Of, leer gerus meer oor  ons projekte , en  kontak ons  om 'n bydra tot 'n projek te lewer, of om 'n nuwe projek te begin. Ons verwelkom ook  gemeenskapsdiens projekte! Ons sien uit daarna om van u te hoor! Groete, Heinrich Bester

Dankie aan ons skenker

Image
Ons sê baie dankie aan Mnr. Louw, wat die Interkerk Evangelisasie Woordskool ondersteun het met 'n bydrae tot 'n koordlose mikrofoon. Ons waardeer dit opreg en dit kom handig in waar ons ook nie krag beskikbaar het nie. Indien u ook 'n item wil skenk,  kontak ons gerus om uit te vind wat benodig word. U ondersteuning word baie waardeer! Groete, Heinrich Bester

Samewerking met Uitenhage Gesinskerk

Image
Interkerk Woordskool se 3de Jaar insamewerking met Uitenhage Gesinskerk tot opleiding en dienste verlang. Ons kyk uit na wat onse Vader instoor het en mag die geestelike arbeidsveld arbeiders vir die oes oplewer. Pasoor André & Elize Labuschagne, julle 2 is kosbaar vir die Here! Besoek Uitenhage gesinskerk se Facebook blad hier: Uitenhage Gesinskerk Facebook Groete, Heinrich Bester Gesinkerk leiers Pastoor Louis & Debbie Labuschagne, Pastoor André & Elize Labuschagne, Interkerk Woordskool Uitenhage tak leiers Leraar Heinrich & Patsy Bester.

Ondersteun ons elektroniese platforms

Image
Tydens Covid-19 tye is dit nie altyd moontlik om fisies as 'n groep te ontmoet nie. Let wel, u kan steeds in kontak bly deur ons verskeie elektroniese platforms: Besoek gerus on Facebook blad , like, volg, en bly in kontak. Geniet die videos op ons  YouTube kanaal , subscribe, en deel met vriende! Of, sluit aan by ons Broodbreek Audio groep op WhatsApp. Stuur eenvouding 'n WhatsApp boodskap na +2772 9004 140 met verwysing "Broodbreek Groep" Ons sien uit daarna om u op ons verskeie platforms te sien! Onthou om gereeld na Ons Projekte blad te kyk en bly op hoogte met wat ons doen. Ondersteuning in enige manier is welkom. Groete, Heinrich Bester

Welkom aan Koos & Sanette van Eyk

Image
Evangeliste paar Koos en Sanette van Eyk word as volwaardige Evangeliste geregistreer op die interkerk platforms! Evangeliste Koos en Sanette is betroubaar en is beskikbaar tot dienste waar ookal verlang word. Kontak ons gerus vir meer informasie. Stel u belang om deel van ons span te word? Ons het verskeie projekt waarby u betrokke kan raak. Sien asseblief ons Projekte Blad vir meer inligting, en raak betrokke! U kan ook 'n finansiële bydra lewer, indien u nie fisies betrokke kan raak nie. Maak u donasie hier: Donasies aan IEW Groete, Heinrich Bester Leraar Heinrich Bester saam met Sanet & Koos van Eyk Pastoor Ouboet Windt saam met Sanet & Koos van Eyk

Ons is hier vir u

Image
Vir geestelike bystand en opbouing in u omgewing, kontak ons gerus. Uitenhage, Despatch, Kirkwood, Port-Elizabeth en omgewings. Groete, Heinrich Bester

U donasie maak 'n groot verskil

Image
Hallo, IEW vriende! Gister het ons die geleentheid gehad on 3 huisgesinne in Uitenhage te ondersteun. Ons het 'n finansiële donasie ontvang, wat dit moontlik gemaak het om hierdie huishoudings met gesonde voedsel te voorsien. U kan ook betrokke raak en 'n verskil maak. U donasie maak 'n groot verskil vir die in nood. Kom ons staan saam as 'n gemeenskap, en ondersteun mekaar.  U kan meer uitvind op hierdie blad: Raak Betrokke Baie dankie aan ons borge! Groete, Heinrich Bester Voedsel voorsien deur 'n anoniem borg

Ons bly betrokke, selfs in Covid tyd

Image
Liewe IEW vriende, Soos julle weet is ons land alweer (en nogsteeds) onder 'n streng lockdown, wat 'n direkte impak tot ons projekte het. Ten spyte van die Covid-beperkings is sekere van ons projekte nogsteeds in werking, en u kan nogsteeds betrokke raak en ondersteun. U kan hier uitvind hoe om betrokke te raak: Word deel van die IEW span Onthou asseblief om ook ons Faceboek blad te volg en op hoogte te bly met ons program: IEW Facebook Blad U kan ook ons YouTube kanaal volg, vir gereelde inspirasie: IEW YouTube Kanaal Indien u ons daaglikse Broodbreek Audios wil ontvang, kan u gerus 'n WhatsApp stuur na 072 9004 140 met verwysing "Broodbreek Groep" Onthou om die inligting met vriende en familie te deel, met die "share" skakel onder. Groete, Heinrich Bester

Opelug diens in Julie

Image
Kom geniet weer ñ OPBOU EN BEMOEDINGING Opelug Diens saam met ons span op die 18 Julie 2021 om 15H00. Plek: Maranatha Pinkster Byeenkoms, langs die Civic saal by Kamesh. Onthou die datum, en sluit by ons aan! Vir meer inligting oor ons projekte, sien asseblief ons  Projekte Blad . Kontak ons  gerus vir navrae. Groete, Heinrich Bester Ons vorige opelug diens in Kamesh

Uitreiking te Kamesh op 27 Junie

Image
Weens die vervalle toestand van die omgewing het dit ook 'n negatiewe emosionele effek op soveel huishoudings. So het die I.E.W dan die leiding geneem om ñ dag van bemoeding aan te bied waar verskeie leiers die omgewing geestelik versterk deur woord en gebed. Vanuit die I.E.W was Leraar Heinrich Bester en sy span daar, vanuit die New Life Ministries was Pastoor Ouboet Windt en sy span en vanuit die Maranatha Pinkster Byeenkoms was Pastoor Sammy Vaaltyn en sy span betrokke om die I.E.W by te staan met die program, en sang was gelewer deur Sanette van Eyk. Hier kon ons mense persoonlik bereik en insae lewer tot hul persoonlike lewe asook huishoudings. I.E.W besoek hierdie omgewings op 'n gereelde basis. Indien u finansieël of op enige ander manier wil bydra, sal dit ons help om meer aksies te bevorder. Indien u meer wil sien oor ons projekte, volg asseblief hierdie skakel: Ons Projekte U kan ook uitvind hoe om by te dra hier: Donasies Groete, Heinrich Bester Vriende van I.E.W in