Algemene inligting tot die Interkerk Evangelisasie Woordskool S.A

Algemene inligting tot die Interkerk Evangelisasie Woordskool S.A

As gevolg van die behoefte wat raakgesien was, tydens 1997 in die algemene christelike arbeidsveld tot gemeentes, askies, huiskerke ens. vanwaar interne opleiding en projekte ontbreek, kon ons as ‘n span saamsit om dan nou juis te kon kyk daarna hoe om ‘n blywende, maar groeiende maatstaf voort te bring. Vanaf die jaar 2000 is ons geregistreerd en is so in samewerking as ‘n hulp tot die arbeidsveld. So is daar gekyk na die algemene christelike teologie om dan modules op te stel wat beskikbaar geword het in A5 handleidings tot aanbieding, tot dosent asook student met ‘n sertifikaat as beloning tot die sekere onderwerp van onderwysing. Latere jare is daar ook met verdere ontwikkeling die beskikbaarheid tot Universiteit diploma en graad studies. 

So het die I.E.W met meer as tien verskillende denominasies hand van gemeenskap gesluit as ‘n hulp in die arbeidsveld. Ons fokus ook op interne gemeente opleiding, sopkombuis projekte en klerasie verspreing en asook die plantings van I.E.W skole by gemeentes wat geen maatstaf van christen onderwys het nie. Ons voorsien ook dienslewering aan die gemeenskap tot bagrafnis dienste asook die bevestiging van huwelike. 

Na soveel jaar is ons nogsteeds sonder ‘n vaste inkomste en maak dus gebruik van die vrywillige donasie aanvraag om ons uitgawes tot petrol en algemene skryfbehoeftes te dek. U is welkom om ons dus ook hierin te ondersteun, in vrywillige donasies, wat meer moontlikhede skep op ander dorpe in die omgewings. 

Groete,
Heinrich Bester