Uitreiking te Kamesh op 27 Junie
Weens die vervalle toestand van die omgewing het dit ook 'n negatiewe emosionele effek op soveel huishoudings. So het die I.E.W dan die leiding geneem om ñ dag van bemoeding aan te bied waar verskeie leiers die omgewing geestelik versterk deur woord en gebed.
Vanuit die I.E.W was Leraar Heinrich Bester en sy span daar, vanuit die New Life Ministries was Pastoor Ouboet Windt en sy span en vanuit die Maranatha Pinkster Byeenkoms was Pastoor Sammy Vaaltyn en sy span betrokke om die I.E.W by te staan met die program, en sang was gelewer deur Sanette van Eyk.
Hier kon ons mense persoonlik bereik en insae lewer tot hul persoonlike lewe asook huishoudings.
I.E.W besoek hierdie omgewings op 'n gereelde basis. Indien u finansieël of op enige ander manier wil bydra, sal dit ons help om meer aksies te bevorder.
Indien u meer wil sien oor ons projekte, volg asseblief hierdie skakel: Ons Projekte
U kan ook uitvind hoe om by te dra hier: Donasies
Groete,
Heinrich Bester
Vriende van I.E.W in Kamesh, 27 Junie 2021 |